Rudolf Vrba | |
---|---|
Gebore | Walter Rosenberg 11 September 1924 Topoľčany, Tsjeggo-Slowakye |
Sterf | 27 Maart 2006 (op 81) |
Nasionaliteit | Slowakye |
Beroep | Mede-professor in farmakologie aan die Universiteit van Brits-Columbië |
Eggenoot | Gerta Vrbová (h. 1944), Robin Vrba (h. 1975) |
Kinders | Dr. Helena Vrbová, Zuza Vrbová Jackson |
Ouer(s) | Elias Rosenberg, Helena Rosenberg (née Grunfeldova) |
Geloof | Judaïsme |
Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)
Rudolf (Rudi) Vrba, gebore Walter Rosenberg (11 September 1924 - 27 Maart 2006), was 'n Professor Emeritus in die Farmakologie en Terapeutiese Departement aan die Universiteit van Brits-Kolombië in Kanada. In April 1944 word Vrba en Alfréd Wetzler die tweede en derde van slegs vyf Jode[1] om suksesvol van die Duitse konsentrasiekamp in Auschwitz te ontsnap. Na hulle ontsnapping lig hulle die Geallieerdes in omtrent die massamoord wat besig was om in Auschwitz plaas te vind. Die twee mans dikteer 'n dokument van 32 bladsye, wat bekend word as die Vrba-Wetzlerverslag, aan Joodse offisiere in Slowakye.[2][3] Die dokument word beskou as een van die belangrikste dokumente van die twintigste eeu[4] omdat dit die eerste gedetailleerde inligting omtrent die konsentrasiekampe was om die Geallieerdes te bereik wat as geloofwaardig beskou is.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search